CANSA Shavaton

picture1

Geskryf deur Graham Smith, graad 7

Op Saterdag 25 Februarie 2017 was dit tyd vir die jaarlikse CANSA Shavathon by Centurion Lifestyle Centre.  Hennopspark Laerskool is bekend daarvoor dat ons graag betrokke raak waar iets vir `n goeie doel aangebied word.  Die Graad 7P klas van juffrou Linda van der Linde was vroeg reeds bymekaar, gereed vir aksie.  Vir slegs R50 kon jy jou hare sny of “spray” ten bate van kankerlyers. Al die gelde wat ingesamel is, gaan vir CANSA se fondse.  Nooit mag daar gesê word dat Hennops `n geleentheid misloop waar pret vir `n goeie doel gebeur nie.

Advertisements

Hennops gaan GROOT by die krieket!

IMG-20170217-WA0051.jpg

Geskryf deur Miya Wood, Graad 6

Soos meeste van julle weet, gaan Hennops GROOOT as dit by krieket kom. Nie net met ons eie skool se wedstryde nie, maar ook met ons land en provinsie. Die Blou Golf het gaan ‘cheer’ vir die Titans toe hulle Vrydag by Supersport Park teen die Dolphins gespeel het. Almal het heerlik op die grasperk ‘Frenchies’ of ‘Mini Krieket’gespeel, gesels, of sommer net ondersteun.

Baie van die kinders en onnies wou vreeslik graag ‘n paar handtekeninge by die bekende spelers kry. Dit was een van die hoogtepunte van die dag as hulle jou hand geskud of jou sommer net gegroet het! Al het die Titans verloor, was die affêre hope pret.

Al die Hennopsparkers, hul ouers en ook die onderwysers het Blougolfklere aangehad. Hopelik het ons ‘n kansie op TV gekry…  Aai, by Hennops is die Engelse gesegde “We don’t like cricket – we love it!” beslis waar.

Pratertjies praat die gons in talle bye weg!

Een van die grootste bederwe in ‘n jaar is verseker die redenaarskamp!

2017 se redenaars kon nie wag om weg te trek nie. Ons besoek jaarliks die Môrester kampterrein en word hier deur die BESTE kampleier, Archie,  op verskeie avonture geneem.

Vanjaar was ons die enigste groep kinders op die terrein en kon ons werklik oefen waar ons wou – glo my op ’n stadium was daar ‘n redenaar onder elke boom van die massiewe grasperk en het woorde werklikwaar sommer die loop geneem!

Al 5 ons juffrouens het soos ’n wafferse koerantkantoor drukkers, potlode agter die ore, brille op die neus aan ons toesprake geskaaf, toesprake vir die klein Gr- 1tjies geteken en net mooi orals handjie bygesit met GROOT woorde en moeilike sinne. Dit terwyl ons moes leer regop staan is 4 minute lank, ons stemme kan projekteer, wat ‘n stygende infleksies is en waarom handgebare werk…

Tussendeur het Archie ons laat swem, laat stomp loop, ons kon lekker stomstreke speel… en die KOS, die kos was die beste. Van ons het tot 3 keer teruggegaan om nog op te skep.

Die hoogtepunt was egter die grotkruip. Ons het diep in gate weggesak, skuins geskoffel, op ons mae ge’leopard crawl’ om uiteindelik diep-diep onder die Krugersdorp vlaktes na stalakmiete en stalaktiete te kyk.  Dankie tog vir flitsligte! Ons het almal in verwondering geleer dat jou oë een van die grootste gawes is en dat jy nooit skoon of heel kan wees na ‘n lekker kruip nie!

Met die terugkeer was die bus tjoepstil met moeë, maar gelukkige glimlaggies wat nie kan wag om mamma en pappa oor ons fantastiese kamp te vertel nie!

Uit ‘n blogger se perspektief

6ad31856933b5d63d8e37dc723e94523.jpg

Ons is terug op die blog lug, een van die dae is ons SUPER besig met Hennopspark wat hard aan die oefen, hard aan die leer EN hard aan die skryf is! Niks so lekker om aan die einde van ‘n week  te terugkyk op die lewens van die besigste kinders in die Gautengstreek nie.

Ons het al almal heerlik gaan kamp met die redenaars, ons sien uit na ’n massiewe koorkamp – 120 kinders OOK!

Rugby en netbalproewe het die kinders so tussen die leerdery uit die moeilikheid gehou. Ons atlete was uiters suksesvol by die cluster en niemand moet Hennopspark se swemspan onderskat nie!  ’n Klomp junior revue kinders het vir ure hulle nuwe passies aangeleer, pappas en seuns het op die rugbyveld kom uitkamp. Die foto en – geskiedenis klub het hul jaar afgeskop.

Een van die hoogtepunte van die week was mnr. Juan Parsons se BLOUGOLF wat by Supersportpark opgedaag het om die Titans te ondersteun! Al die blou lyfies op die krieketveld het hierdie blogger se hard sommer vermurwe!

Die seniors staan stil vir ernstige Wiskunde die week. Die skool word geverf, gepolish vir die eerste Super12 van die jaar en 130 plus onderwysers help die sieletjies wat aan ons toevertrou is.

Tot volgende week…

Hennops se Babbelbekkies: Redenaarskamp 2017

IMG_5367.JPG

Geskryf deur Miya Wood, Graad 6

Hier gaan ons!

‘n Handjievol babbelbek, glinsteroog kindertjies van graad 1 tot 7, het die bus behoorlik  laat  gons oppad redenaarskamp toe.  Na ‘n lang  groetsessie, trek ons uiteindelik weg!  Die alewige gesing van “Here we go, Hennops, here we go!” het die arme busdruiwer se ore laat tuit.

Toe ons by Morester kampterrein aankom, groet die kinders wat vorige jare hier gekamp het, die bekende gesig van Archie, ons vriendelike gids.  Hierdie kamp se kos is beslis die beste kampkos wat ek in my hele lewe al geëet het, en die personeel is vreeslik vriendelik. Bowenal was die kamers silwerskoon! Jy kan jou tande in die vloere sien glinster.

Van nagmars tot die grotte ontdek, van spanbou tot in die riviere swem en natuurlik “marshmallows” braai om die kampvuur onder die Afrika sterre.  Dit was die hoogtepunte van die kamp!  Ons het natuurlik ons toesprake geoefen ook, maar ons het dit skaars agtergekom met al die fantastiese aktiwiteite tussenin. En ons wonderlike juffrouens het dit sommer ekstra lekker gemaak!

Hennops se redenaars is gereed om te redeneer, te gesels en die wêreld te verower in 2017 se redenaars seisoen.  Sterkte aan elke liewe deelnemer.

Atletiek vriendskaplike byeenkoms

16487845_1264151060331832_5142840294517792461_o.jpgGeskryf deur Graham Smith Graad 7

Die afgelope Donderdag se atletiekbyeenkoms by Midstream, was die eerste byeenkoms in ʼn rukkie waar dit nie gereën het nie. Elke atleet het nog ʼn kans gekry om hulself te bewys sodat hulle in die Clusterspan ingesluit kan word. ʼn Mens kon sien hoe die atlete die byeenkoms geniet.  Selfs die onderwysers het ʼn afloslopie gehardloop aan die einde van die dag. Hennops se o/10 tot o/13 spanne het 7 van die 8 aflosse gewen. Van die kort 80 meter lopies tot en met die lang 1500 meter, het elke Hennopsparker uithouvermoë getoon.  Hennops het waarlik goed gedoen in beide veld- en baanitems. Die atletiekseisoen is dalk kort, maar die gees van elke Hennopsparker is groot. Dalk moet Hennops aan weg atletiekbyeenkomste deelneem, want as dit tuis is, reën dit. Ten minste kan ons die Here prys vir die reën, want Suid-Afrika het die reën nodig.  Die Clusterbyeenkoms vind eerskomende Donderdag plaas.  Baie sterkte aan elke atleet.  Onthou, die wenresep vir sukses is eenvoudig, harde werk!

Uit ‘n blogger se perspektief…

16427299_1262236960523242_5093609217498054135_n.jpg

Atletiek by Laerskool Hennopspark gaan altyd gepaard met baie reën. Hierdie week was weereens ’n bewys daarvan. En as skole van Rustenburg  of Fairlands gebus en gery is en ons moet kanselleer, vir die 2e keer. Aijaai. Al die jong atlete was sommer super mismoedig.

Toe kom ons briljante organiseerders met ‘n slim plan vorendag en  ons hou toe die  vriendskaplike byeenkoms by Midstream, dis mos nou lekker vêr van die skool af… en wonder bo wonder, dit het NIE gereën nie. Die dag was lank, die kompetisie styf en die kinders se gô’s behoorlik gaar na afloop van die suksesvolle byeenkoms!

So kan ’n klomp jongetjies nou hul staal gaan wys by die cluster byeenkoms later in die week!

Saterdag het Hennops weer geswem dat dit hop, ons gala kom sommer baie vroeg die jaar ,want ons gaan nou ook teen die Engelse skole kompeteer. So hoop ons om nie net meer te kompeteer nie, maar ook al die visse by die skool verder te ontwikkel.

Die redenaars se interne finale het plaasgevind en ons kan nie wag vir die kamp nie! Dit beloof om groot pret en hope praatwerk in te sluit.

Die senior koor se 130 nagtegale het hul eerste oefening agter die rug. Een van die dae sal elke koormaatjie met hul bekwame onderwysers ook die kampding gaan doen.

Ons begin met revue, ainos oudisies en netbal en rugby proewe… waar is die vakansie heen?